Seksuologie

Seksuologie of seksologie is die wetenskaplike bestudering van menslike seksualiteit, insluitende seksuele belangstellings, gedrag en funksies.[1] Dit verwys nie gewoonlik na die niewetenskaplike bestudering van seksualiteit nie.

Seksuoloë gebruik instrumente van verskeie akademiese terreine, soos biologie, geneeskunde, sielkunde, epidemiologie, sosiologie en kriminologie.[2]

Studieonderwerpe in seksuologie sluit in seksuele ontwikkeling (puberteit), seksuele oriëntasie, genderidentiteit, seksuele verhoudings, seksuele aktiwiteite, parafilies en ongewone seksuele belangstellings. Dit sluit ook in die bestudering van seksualiteit oor die mens se hele lewensduur, insluitende kinderseksualiteit, puberteit, adolessente seksualiteit en seks onder bejaardes. Dit dek ook seksualiteit onder fisiek en/of geestelik gestremdes, erektiele disfunksie, anorgasmie en pedofilie.

  1. "Sexology". Merriam Webster. Besoek op 29 Desember 2013.
  2. "Sexology | interdisciplinary science". Encyclopedia Britannica (in Engels). Besoek op 30 Julie 2020.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search